Eskom: Fase 3-beurtkrag weer ingestel

Eskom het aangekondig fase 3-beurtkrag word van vier-uur vanmiddag tot vyf-uur môreoggend ingestel, waarna fase 2 van krag sal wees tot die middag vier-uur. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha het bevestig ‘n nuuskonferensie sal môremiddag gehou word om die vooruitsigte vir die res van die week oor te dra.