Jonger spelers moet speeltyd kry – Mzwandile

Suid-Afrika A se hoofafrigter, Mzwandile Stick, sê hy is bemoedig deur die voorbereidingswerk wat hulle die afgelope drie dae by die oefenkamp op Stellenbosch kon doen. Die span meet op die tiende van volgende maand kragte teen Munster en ‘n week later speel hulle teen die Bristol Bears. Stick sê die SA A-wedstryde stel nie net die spelers bloot aan topklas internasionale klubrugby nie, dit gee ook die nasionale afrigters geleentheid om ‘n groter groep spelers waardevolle wedstrydtyd op internasionale vlak te gee.