Jurie-lid mors verkragtingsaak in Australië op

‘n Australiese regter het die verhoor van die voormalige regeringsadviseur, Bruce Lehrmann, opgeskort nadat ʼn lid van die jurie met ‘n navorsingsartikel oor seksuele aanrandings in die juriekamer betrap is. Die jurie is verdaag ná ‘n verhoor van twaalf dae en net meer as vyf dae se beraadslaging. Die 27-jarige Lehrmann word daarvan beskuldig dat hy Brittany Higgins in 2019 in Australië se parlementsgebou seksueel aangerand het. Hy ontken die bewering. ’n Nuwe verhoordatum is vir aanstaande Februarie vasgestel. Higgins sê die verhoor het sy tol geëis: