Groot kommer in toenemende kindermoorde in die buurland

Die DA in Gauteng sê die kommerwekkende toename in kindermoordsake oor die land heen is ’n duidelike bewys dat kinders se lewens bedreig word. In die jongste voorval is ‘n vrou in hegtenis geneem en van moord aangekla nadat sy haar pasgebore babadogtertjie by die Tshepiso Smartising-stortingsterrein verbrand het. ʼn Woordvoerder van die DA, Refiloe Ntšekhe, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens is steeds swak toegerus, sonder genoegsame opleiding, met gebrekkige hulpbronne en nie in staat om die veiligheid van kinders te verseker nie: