Aktivis reageer op styging in toelaes

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat maatskaplike toelaes verhoog word met begunstigdes van die voedselbank wat onmiddellik 100 Namibiese dollar ekstra per maand ontvang. Die finansminister Ipumbu Shiimi het die aankondiging tydens die middeltermyn begrotingsrede gemaak. Die ander toelaes sal volgende jaar April opgeskyf word. Die ongeskiktheidstoelaag styg van 250 na 1 300 dollar en pensioenarisse en kwesbare kinders sal dan ook 100 dollar maandeliks meer ontvang. Die veteraan maatskaplike aktivis, Rosa Namises het haar reaksie so verwoord.