Ierse span sal almal gereed wees vir Bokke

Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, sê soos sake tans staan, verwag hy dat al 37 lede van die groep volgende week beskikbaar sal wees. Die wêreld se topgekeurde span speel die eerste van hulle jaareindtoetse aanstaande Saterdag teen die Springbokke in Dublin. Dit sal Ierland se eerste toets wees sedert hulle geskiedkundige reeksoorwinning met twee-een oor die All Blacks in Nieu-Seeland. Farrell sê sommige spelers is tans op verskillende stadiums van herstel, maar niemand word uitgesluit nie.