GRN verkoop die land aan die Duitsers – Amupanda

Job Amupanda sê hy is in besit van dokumente wat bewys dat die regering, in sy woorde, Namibië verkoop in sy onderhandelings met die Duitse Hyphen-maatskappy wat groen-waterstof in Namibië sal ontwikkel. Hy het onder andere melding gemaak van huise wat gebou moet word vir die Duitse span en dat die tender vir 42 jaar eksklusief sal wees. Hy het die regering tot 27 Oktober gegee om hom te antwoord op sy eise dat die beloftes onttrek word. George Kambala, woordvoerder van die Affirmative Repositioning-beweging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.