Taiwanese, Chinese vas vir onwettige werk in Namibië

Vier buitelandse burgers; twee van Taiwan en twee van China is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering onregmatig en opsetlik vals verklarings gemaak het toe hulle Namibië op transito-permitte binnegekom het. Die Namibiese polisie sê die vier het in die land gebly en op Namibies geregistreerde vaartuie gewoon en gewerk, sonder enige permitte. Dit is nog nie duidelik wanneer hulle in die hof sal verskyn nie maar, hulle is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.