B2Gold sê môre oor arbeidsdispuut wat opgelos is

Die B2Gold-myn naby Otjiwarongo sal môre by sy hoofkantoor in die hoofstad ‘n perskonferensie hê. Die mynmaatskappy sê sy arbeidsdispuut is opgelos. Die dispuut, na 200 werkers by die myn geskors is, is op 9 Oktober verklaar en verskeie vergaderings is met die betrokke vakbonde gehou. Die kwessie is ook in die Nasionale Vergadering bespreek. B2Gold wou nie verdere besonderhede oor die persverklaring of die beëindiging van die dispuut maak nie.