Wat van die matrieks en beurtkrag?

Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding in Suid-Afrika, Umalusi, het assesseringsliggame versoek om alternatiewe reëlings te tref vir die voorsiening van krag wanneer die eindeksamen geskryf word, om die risiko van beurtkrag te verminder. Daar is tans 923 460 leerders wat by die Departement van Basiese Onderwys ingeskryf is vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Hierdie getal bestaan uit voltydse en deeltydse leerders. Umalusi se woordvoerder, Biki Lepota, sê hulle het Eskom genader om gebeurlikheidsplanne in te stel: