Vergeet van Duitse opposisie oor volksmoord, waar staan Swapo?

‘n Namibiese politieke ontleder het sy reaksie gegee oor die Groen Party in Duitsland wat nee sê vir her-onderhandelinge of nuwe onderhandelinge oor die volksmoord met Namibië. Die Duitse parlementslid Sevim Dagdelen, voorsitter van die parlementêre groep van Die Lienke, is ontevrede oor die antwoord van die Duitse Federale regering op sy geskrewe vraag in die komitee vir buitelandse sake van die Duitse Bundestag, oor die Duits-Namibiese versoeningsooreenkoms. Dagdelen sê dit is sinies dat die ministerie van buitelandse sake onder leiding van die Groen Party van alle partye, voortgaan om die groot verontwaardiging onder die afstammelinge van die slagoffers van Duitse koloniale misdade, sowel as die Namibiese parlement, te verontagsaam. Dr. Phanuel Kaapama sê aan Kosmos 94.1 nuus die vraag is wat is die Namibiese regering se standpunt oor die volksmoordonderhandelinge.