Ope brief dat Britse Fietsryvereniging sy borgskap met Shell beëindig

Meer as 700 organisasies en individue het ‘n ope brief aan die Britse Fietsryvereniging onderteken waarin hulle vra dat die borgskapooreenkoms van agt jaar met die oliereus Shell beëindig word. Hulle noem dit ‘n onversoenbare botsing van belange. In die brief staan dat atlete en veral fietsryers kwesbaar is vir die giftige lugbesoedeling van fossielbrandstowwe. Hulle meen dit is in die dringende belang van die sport om weg te beweeg van fossielbrandstof. Shell het in sy reaksie gesê sy doelwit is om teen 2050 aan netto-nul uitlaatgasvereistes te voldoen.