Duitsland moet eerder kernkrag as steenkool gebruik – Thunberg

Die klimaatsaktivis, Greta Thunberg, beskryf die moontlike sluiting van kernkragsentrales in Duitsland as ‘n fout, indien dit beteken meer steenkool word verbrand, wat die aarde sal verwarm. In die lig van die dreigende energiekrisis as gevolg van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, besin die Duitse regering steeds oor die toekoms van sy kernaanlegte, wat lankal reeds bestem was om vanjaar gesluit te word. Die regering het ook onderneem om die gebruik van steenkool teen 2030 uit te faseer. Thunberg waarsku Duitsland loop die gevaar om sy klimaatdoelwitte te ondergrawe deur meer fossielbrandstowwe te verbrand: