Vroue Bokspan vol veterane, Raubenheimer het vertroue

Die Springbok-vrouespan het ‘n bekende en ervare voorkoms vir hulle Groep C- openingswedstryd teen Frankryk in die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland. Die afrigter, Stanley Raubenheimer, het albei sy Wêreldbeker-veterane, Nolusindiso Booi en Zenay Jordaan, in die groep aangewys, met Booi wat die span Saterdag op Edenpark in Auckland sal aanvoer. Jordaan is op die bank gekies en sal die Springbok Vroue se rekord van 34-toetse ewenaar wanneer sy opdraf. Raubenheimer sê hy het die grootste vertroue in sy span: