Hulp dringend nodig by Rietoog-brand

Daar is tans ‘n veldbrand wat by Rietoog, sowat 110 kilometer suidwes van Rehoboth, sedert Woensdag woed. Christo Bock, ‘n boer van die gebied is op die toneel en sê daar is verskillende vure op verskillende plekke. Hy sê hulle het hulp dringend nodig.