Mpho Makwana is Eskom-raad se nuwe voorsitter

Mpho Makwana is aangestel as nuwe voorsitter van Eskom se raad. Die Suid-Afrikaasne minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het die nuwe raad aangekondig wat die kabinet vanoggend goedgekeur het. Hy sê die raad sal reeds môre met sy werksaamhede begin.