Hibried tussen hoëspoed-seiljag en seevliegtuig ontwerp

‘n Hibried tussen ‘n hoëspoed-seiljag en ‘n seevliegtuig is gereed vir vervaardiging nadat suksesvolle vlugtoetse op ‘n skaalmodel voltooi is. Die vervaardiger Regent, gebaseer in Rhode Island, Amerika, sê hulle het reeds bestellings ter waarde van meer as 125 miljard Namibiese dollar ontvang. Die ten volle elektriese voertuig is daarop gemik op volhoubare seereise te kan uitvoer. Dit loop aanvanklik ‘n paar meter bo die wateroppervlak op hidro-vleuels voordat dit opstyg. Die onderneming beplan om die volskaalse prototipe nou te ontwikkel, en wil binne twee jaar toetsvlugte met passasiers begin.