Namibië lys derde hoogste in rykdom per capita in Afrika

Namibië is derde in Afrika gelys met die hoogste rykdom per capita naas Mauritius en Suid-Afrika. Volgens die aanlyn-publikasie Ventures Africa is Mauritius die rykste per capita met ‘n gemiddelde verdienste van 34 5000 Amerikaanse dollar per gemiddelde burger per jaar, gevolg deur Suid-Afrika met 10 470 dollar en Namibië 9 320 dollar wat sowat 160 000 Namibiese dollar is. Die navorsing toon dat Johannesburg die rykste stad in Afrika is, gevolg deur Kaapstad en Kaïro. ‘n Namibiese ekonoom Theo Klein van Simonis Storm is egter van mening dat dit ongelyke rykdom is en die geld net in die hande van ‘n handjievol ryk mense is.