EU hou rolprentfees vir volgende twee maande

Die Europese Unie in Namibië en sy lidlande het in samewerking met die plaaslike rolprentbedryf die 2022 Europese Unie-rolprentfees by die Europahuis in Windhoek van stapel gestuur. Die fees vind oor ‘n tydperk van twee maande by The Village Opera House in Eros plaas – vanaf Woensdag vanaf 5 Oktober tot 30 November. Die 2022 EU-rolprentfees sal altesaam 18 Europese en Namibiese onderskeidelik rolprente vertoon en toegang is gratis. Twaku Kayofa, kommunikasiebeampte van die Europese Unie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.