Windhoek skou heerlik!

Die bywoning van vanjaar se Windhoek Skou is baie beter in vergelyking met die vorige jaar toe Covid-gevalle nog hoog was. Vanjaar besoek die publiek egter die skougronde in groot getalle, volgens die Windhoek Skouvereniging. Hekke het op 23 September geopen en sal Saterdag sluit. Daar is hope vermaak, kos, drinkgoed en plesierritte, maar daar is ook verskillende diensverskaffers soos Stad Windhoek, waar munisipale rekeninge betaal kan word, asook verskillende ministeries. Harald Schmidt, hoof uitvoerende beampte van die skouvereniging gesels met Kosmos 94.1 Nuus.