Nog 30 000 ton koring op pad na Ethiopië vanaf Oekraïne

Die derde vaartuig wat deur die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram gehuur is, het die Oekraïnse Swartsee-hawe verlaat met sowat 30 000 ton koring aan boord. Die vaartuig is op pad na Ethiopië. Volgens die VN se ramings is Ethiopië op die rand van ‘n voedselkrisis. ‘n Verdere 190 000 ton word tans deur VN-vennote aangekoop, wat ook in die volgende maande uitgevoer sal word.