De Ruyter sê oor fase ses

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê dis jammer dat die land nou fase ses-beurtkrag ervaar weens die kragsvoorsiener se beperkte opwekkingsvermoë en opwekkingseenhede wat onklaar geraak het. Hy het tydens ‘n mediakonferensie oor die stelselprobleme gesê die kragvoorsiener moet sy reserwes, damme en diesel aanvul sodat hulle genoeg voorraad het vir die komende weke: