Amnestie Internasionaal SA skryf brief aan Ramaphosa, Biden

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika het ‘n ope brief aan die Amerikaanse President Joe Biden, en aan President Cyril Ramaphosa geskryf tydens sy staatsbesoek aan Amerika. Die woordvoerder van die organisasie, Genevieve Quintal sê die organisasie doen ‘n beroep op die twee presidente om menseregtekwessies waarmee albei lande te kampe het, te bespreek. Quintal sê die organisasie versoek die presidente om te fokus op regte tot onderwys asook menseregteskendings, insluitende rassisme en xenofobie: