Europese oorlog: Afrika se voedselstelsel moet drasties verander

Kenners is dit eens dat Afrikalande hul afhanklikheid op Rusland en die Oekraïne vir die invoer van koring, mosterdolie en suiker moet aanspreek. Om toekomstige blootstelling te voorkom, is daar ‘n dringende behoefte vir Afrikalande om sterker handelsmeganismes te ontwikkel. In Afrika staar meer as 340 miljoen mense tans voedselonsekerheid in die gesig weens die impak van die oorlog in die Oekraïne. Hierdie syfer is 17 persent hoër as in 2021. Die vasteland se oorafhanklikheid van Oekraïne en Rusland vir voedselinvoer beteken dat die voedselkrisis erger gaan word. ‘n Belonende oplossing sou wees dat Afrika-lande voedselsoewereiniteit prioritiseer om die dreigende voedselkrisis te bekamp. Dit sal ‘n sistemiese verandering in die voedselstelsel behels en die klem op landbou lê.