Hof staan NSFAF se Nghiwete-appèl toe

Hoërhofregter Herman Oosthuizen het sy beslissing in die appèl van die Namibiese studente-hulpfonds teen die arbeidshof se beslissing dat hy sy voormalige hoof Hilya Nghiwete weer moet aanstel, gelewer. Oosthuizen het bevind dat Nghiwete wel onregmatig afgedank is maar, het die appèl teen haar heraanstelling, toegestaan. In sy stukke het die fonds gesê dat Nghiwete die vertroue verbreek het wat aan haar as die fondshoof gegee is. Sy is in Februarie 2020 afgedank, ná ’n lang skorsing sedert April 2018 weens beweerde wanadministrasie. Oosthuizen het ook opdrag gegee dat die fonds haar salaris van 8 Februarie 2020 tot 15 julie 2021 betaal moet word. Elke party sal sy eie regskostes dra. Daar is onlangs berig dat die regsgeding die Namibiese belastingbetaler meer as 8,4 miljoen dollar uit die sak gejaag het.