Capricorn Groep presteer

Die Capricorn Groep, ‘n trots Namibiese finansiële-dienste-groep wat op die Namibiese Aandelebeurs genoteer is, met sakebelange in Namibië en Botswana, het vandag sy finansiële jaarresultate vir die jaar geëindig 30 Junie 2022 bekend gemaak. Die groep het sterk resultate gelewer, met wins na belasting wat met 16,6 persent tot 1,15 miljard Namibiese dollar gestyg het. Johan Maass, die groep se hoof finansiële beampte.