Keniaanse President stel sy voorganger aan om vrede te bewerkstellig

Die nuwe President van Kenia, William Ruto, het sy voorganger, Uhuru Kenyatta, aangewys om aan die hoof te staan van Kenia se pogings om vrede in die streek te bewerkstellig. ʼn Ontleder van Afrika, Vincent Obisie-Orlu, sê Ruto se besluit kan ‘n stap wees om vrede te bevorder en om die etniese en stamgeweld wat die land gewoonlik ná ʼn presidentsverkiesing teister, te voorkom.