Windhoek Stadpolisie betrap inbrekers op heterdaad

Die Windhoek Stadspolisie het twee inbrekers in hegtenis geneem nadat hulle op heterdaad betrap is. Hulle het by ‘n restaurant en ‘n ateljee ingebreek, hulself aan die inhoud daar gehelp en gasbottels en elektronika gesteel. Die alarm het afgegaan en die eienaar van een van die winkels gewaarsku, wat die Stadspolisie laat weet het. Die beamptes het vinnig gereageer en die verdagtes in die winkel gevind, maar een verdagte het daarin geslaag om te ontsnap, maar hy is bekend. Die waarde van die items wat teruggevind is, is sowat 100 000 Namibiese dollar. Die verdagtes sal môre in die hof verskyn op aanklag van huisbraak en diefstal.