Ramaphosa moet antwood aan SA Reserwebank oor Phala Phala

Die sperdatum het aangebreek vir President Cyril Ramaphosa se regspan om antwoorde aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank te verskaf oor die Phala Phala-sage. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, het verlede week ‘n brief aan die parlement se staande komitee oor finansies gerig. Volgens die sentrale bank het Ramaphosa nie die buitelandse valuta-transaksie aangemeld nie. Kganyago sê ‘n ondersoek sal begin sodra alle toepaslike inligting ontvang is. ‘n Soedannese sake-eienaar het volgens berigte die kontant aan ‘n werknemer op Ramaphosa se plaas in Limpopo betaal, en dit is later gesteel. Dawie Klopper ‘n ekonoom in die buurland praat met Kosmos 94.1 Nuus oor moontlike stappe wat die bank teen Ramaphosa kan neem.