Covid-pandemie laat 147 000 kinders wees in SA

Die jongste navorsing deur die Imperial College Londen dui aan ‘n geraamde 147 000 kinders in Suid-Afrika is weens die Covid-pandemie sonder primêre versorgers gelaat. Unicef-Suid-Afrika se hoof van kommunikasie en vennootskappe, Toby Fricker, sê dit is ‘n bron van kommer omdat dit ‘n uitwerking op die geestesgesondheid het van kinders wat sonder ouers grootword. Fricker sê meer opleiding behoort vir versorgers beskikbaar gestel te word oor maniere om aan kinders positiewe ouerskaps-tegnieke te voorsien.