O&L se waterstof-loodsaanleg sal einde ’23 operasioneel wees

Cleanergy Solutions Namibia – ‘n gesamentlike onderneming tussen die Ohlthaver en List Groep en sy internasionale Belgiese vennoot, CMB.TECH – het die JCOI/PTX-toekenning ontvang wat die maatskappy ondersteun om ‘n waterstof-loodsaanleg en brandstof-stasie aan die kus van Namibië op te rig. Die projek beoog om aan die einde van 2023 operasioneel te wees. Roux-che Locke, O&L Groep se woordvoerder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is opgewonde oor die baanbrekerprojek.