Ondersoekers is by Zaporizhzhia

‘n Span van 14 ondersoekers van die Internasionale Atoomenergieagentskap het ondersoek ingestel by die Russies-beheerde Zaporizhzhia-kernaanleg in Oekraïne. Hulle het die aanleg se toestand en omvang van skade wat deur bomme veroorsaak is, geïnspekteer en met Oekraïnse werkers gepraat. Daar was die afgelope weke gevegte naby die fasiliteit en Rusland en Oekraïne beskuldig mekaar van die aanvalle. Vyf ondersoekbeamptes van die Verenigde Nasies se kernagentskap sal tot môre by die aanleg bly. Die agentskap se hoof, Rafael Grossi sê is daar skade aan die aanleg.