SA Lions wen Richelieu Eagles met 18 lopies

Krieket: Die Suid-Afrikaanse Lions het vandag die Richelieu Eagles met 18 lopies in die Global T20 Namibia gewen. Die Lions het eerste gekolf en 183 lopies vir vier paaltjies aangeteken. Namibië het terug geantwoord met 165 lopies met ‘n verlies van ses paaltjies. Reeza Hendricks van die Lions is as die speler van die wedstryd aangewys met sy 77 lopies. Die Eagles kom môremiddag om half-drie teen die Lahore Qalanders op die Wanderers-krieketvelde in die hoofstad te staan.