TransNamib en Natau onderhandel nog steeds

TransNamib en die betrokke vakbond Natau se samesprekings is steeds besig om sedert Maandag voort te duur. Dit kom nadat die meerderheid van die maatskappy se werkers sedert 17 Augustus staak. Dit is nog ‘n rondte van onderhandeling ná ‘n betoging deur die TransNamib-werknemers nadat die twee partye nie ‘n ooreenkoms bereik het nie. TransNamib se woordvoerder Abigail Raubenheimer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle hoop om die publiek spoedig van die uitkoms in te lig.