ActionSA verwelkom mosie om Johannesburgers van Eskom los te maak

ActionSA verwelkom die mosie wat die Johannesburgse metroraad aanvaar het om die kragtoevoer van inwoners van Soweto van Eskom na City Power te verskuif. Die party se woordvoerder, Sthembelo Majola, sê die kragvoorsiener het die inwoners te lank afgeskeep en aan onwettige kredietbestuurspraktyke onderwerp. Majola voeg by dat enige integrasie van Eskom-kliënte by City Power gedoen moet word sonder enige oordrag van ou skuld.