Bio Africa-konvensie skop in Durban af

Die Bio Africa-konvensie het vandag by die Durbanse Internasionale Konvensie-sentrum afgeskop. Die driedaagse geleentheid, aangebied deur die departement van wetenskap en innovering, in vennootskap met sy eenheid, die Agentskap vir Tegnologiese Innovering, word bygewoon deur afgevaardigdes van regoor die spektrum van wetenskap, gesondheid en innovering, om oplossings en ontwikkelings binne die sektor te bespreek. Die departement se direkteur-generaal, Phil Mjwara, sê die konvensie is ‘n broodnodige platform vir die Afrika-biotegnologie-gemeenskap om intern met belanghebbendes te kommunikeer.