Namibiese damme saam 78,6% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 78,6 persent  vol, teenoor verlede jaar se 80,7 persent die ooreenstemmende tydperk. Suide-damme is gesamentlik 87,4 persent vol, met die  Neckartaldam se vlak op 97,5 persent en die Nautedam op 94,4 persent. Sentrale damme is tans 53,7 persent vol teenoor verlede jaar se 76,1 persent dieselfde tydperk. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 19,8 persent vol teenoor verlede jaar se 34,4 persent.