Tekort aan mikroskyfies raak moderne boere

‘n Entrepreneur in landboutegnologie, Tom Mills, sê boere wat graag landboutegnologie aan die wêreld bekend wil stel, word deur die tekort aan mikroskyfies geraak. Hy sê die tegnologie-krisis raak boere wat hul bedrywighede wil moderniseer. Die Australiese entrepreneur sê hy is gedwing om afstandmonitering-stelsels te ontwikkel om op die hoogte te bly met waterpompe, besproeiingstelsels en elektriese heinings. Mill sê die mikroskyfie-tekort kom op ‘n ongeleë tyd, aangesien baie boere arbeidsbesparende tegnologie benodig om werkers-tekorte te bowe te kom en produktiwiteit te verbeter. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die internasionale boerevereniging, praat met Kosmos 94.1 Nuus.