Ongwediva Handelskou: Vroue ontevrede oor hoe hulle deursoek word

Besoekers aan die Ongwediva Handelskou is ontevrede met die “onvanpaste” manier hoe hulle deur polisiebeamptes deursoek word. Baie van die vroue het aangedui dat hulle ongemaklik voel met hoe die polisiebeamptes hulle deursoek, aangesien hulle geskend voel. Daar word glo onder hulle rokke na verdagte items te soek. Jackson Muma, woordvoerder van die Ongwediva-dorp, sê die organiseerders van die Handelskou het nie ‘n sê oor hoe mense deur die wetstoepassers deursoek word nie.