Nasa stel lansering van Artemis uit

Die eerste lansering onder die Amerikaanse ruimte-agentskap, Nasa, se Artemis-maan-tot-Mars-program sou vandag plaasgevind het, maar dit is weens tegniese probleme uitgestel. Daar is glo ‘n probleem in een van die vuurpyl se enjins. Die volgende datum wat genoem is, is Vrydag 2 September, hoewel niks nog bevestig is nie.