Meerderheid huissoekers in Windhoek verdien minder as N$8 000

Volgens Stad Windhoek verdien 93,9 persent van die 17 487 huissoekers op die stad se waglys vir behuising minder as 8 000 Namibiese dollar. ‘n Dokument van die onlangse stadsraadsvergadering, dui aan dat 16 425 mense op die waglys minder as 8 000 dollar verdien en slegs 78 mense verdien meer as 25 000 dollar. Sowat 88 persent van die voornemende kopers is al meer as 15 jaar op die waglys en die aantal mense wat behuisings-geleenthede soek deur middel van registrasie op die waglys vir grond het tussen 2015 en 2022 afgeneem.