Bek- en klouseer: Produsente en regering moet hande vat

Suid-Afrika se landboubedryf gaan voort om die verspreiding van bek- en-klouseer te beveg. Daar is tans gevalle van bek- en-klouseer in sewe provinsies aangemeld naamlik KwaZulu-Natal, Limpopo, Noord-Wes, Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Gerhard Schutte, die hoof uitvoerende beampte van die Nasionale Rooivleis Produsente-organisasie sê die doeltreffendste manier is om hand aan hand saam met die regering te werk.