SA kort ‘n prysmetode vir gas

 Die uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Nywerheids-gasverbruikersvereniging, Jaco Human, sê die Nasionale Energie-reguleerder kon die afgelope tien jaar nie daarin slaag om met ‘n prysmetode vir gas vorendag te kom nie. Sasol Gas het ‘n styging van 96-persent in gaspryse voorgestel. Human sê talle vervaardigingsbedrywe soos staal, glas, suiker en papier benodig gas as energiebron, wat beteken Sasol sal 335 miljoen Suid-Afrikaanse rand per maand aan die ekonomie onttrek: