Rushdie sterk baie goed aan na mesaanval

Salman Rushdie het volgens berigte lewensveranderende beserings opgedoen in Vrydag se aanval in die Amerikaanse staat, New York, maar sy toestand verbeter en sy gewone uitbundige en uitdagende humorsin makeer niks. Die Indies-gebore Brits-Amerikaanse skrywer se omstrede boek, The Satanic Verses, is in 1988 in verskeie Moslem-lande verbied. Die vermeende aanvaller, Hadi Matar, het reeds in die hof verskyn waar hy onskuldig gepleit het op ‘n aanklag van poging tot moord. Intussen word berig die Britse skrywer JK Rowling het doodsdreigemente ontvang nadat sy haar ondersteuning aan Rushdie op Twitter bekend gemaak het.