Dwelms bly ‘n uitdaging vir Nampol

Die Namibiese polisie het steeds hul hande vol met dwelms en het oor die naweek arrestasies uitgevoer op Rehoboth, Swakopmund en Rundu. Daar is beslag gelê op dagga, kokaïen en Mandrax-tablette. Ook op Rundu is twee verdagtes in hegtenis geneem in besit van nege ongeslypte diamante. Die ondersoek na die waarde van die edelstene moet nog bepaal word. Talle gevalle van mense wat beroof is, motorongelukke, so selfmoorde is ook aangemeld.