Mense vertrou nie die ANC om te regeer nie – Mabuza

Die adjunk-president van die ANC, David Mabuza, sê die party se Noordwes-verkiesingskonferensie vind plaas op ‘n tydstip wat die beweging in sy totaliteit sukkel om saam te staan in die bereiking van sy doelstellings en organisatoriese dissipline. Mabuza het by die opening van die konferensie by die Rustenburgse burgersentrum gepraat. Hy sê mense bevraagteken die ANC se vermoë om leierskap te voorsien te midde van ingewikkelde uitdagings in die samelewing: