Ydelheids-toekennings breek geloofwaardigheid af

Volgens Namibia Fact Check pronk vals grade en ydelheidspryse van politici en staatsamptenare steeds wêreldwyd, en Namibië is geen uitsondering nie. In Julie het beide die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en die Namibiese presidensie hulself op die skouer geklop oor onderskeidelik ‘n ydelheids-toekenning en ‘n twyfelagtige ranglys. Vir ‘n instansie wat kwansuis baie slim, hoogs gekwalifiseerde mense in personeel het, wat mislei word om ‘n bekende ydelheidsprys te aanvaar, kan dit sekerlik nie goed lyk nie, volgens Namibia Fact Check. Nust was egter nie die enigste of selfs die eerste Namibiese staats-entiteit wat die ydelheidstoekenning ontvang het nie. Dié eer kom ook toe aan die Nida se raad, wat dieselfde toekenning ontvang het tydens ‘n seremonie in Dubai, Verenigde Arabiese Emirate in Desember 2021. Frederico Links van Namibia Fact Check sê aan Kosmos 94.1 Nuus dis kommerwekkend.