GRN sal moet leen vir staatsamptenare se verhogings…

Die Namibiese regering sal sukkel om die fondse bymekaar te maak vir die 924 miljoen Namibiese dollar wat hy benodig om die salarisverhogings vir staatsamptenare te finansier. Theo Klein, ekonoom by Simonis Storm in die hoofstad sê die verkoop van staateffekte help maar daardie fondse is elders ook broodnodig. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.