Inflasie sal plaaslik kalmeer – ekonoom

Ekonome in Suid-Afrika verwag die druk op voedsel- en brandstofpryse sal in die komende maande afneem. Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê nie net daal die olieprys nie maar voedselinflasie het ook ‘n hoogtepunt bereik. Robert McGregor ‘n ekonoom by Cirrus in Windhoek sê die goeie nuus is ook plaaslik van toepassing.