Diplomate kan help om Namibië te bemark

Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Mathias Ngwangwama het ‘n inligtingsessie met amptenare van die ministerie van internasionale betrekkings gehou. Volgens Ngwangwama is dit uiters belangrik dat amptenare van die ministerie ingelig is oor die NWR se dienste en fasiliteite om sodoende die land te bemark.